Wie is ons.

 

Die Volle Evanglie Kerk Van God Nelspruit meer bekend as Vollies, se tuiste is uit op die Kaapsehoop pad waar die Here ons geseën het met lieflike gronde en fasiliteite langsaan die Gladdespruit wat reg deur die jaar vloei.

Hier waar die Here ons geplaas het is dit ons begeerte om Sy Naam groot te maak, tyd te spandeer in die Woord, geestelik te groei en vir Jesus al die eer te gee tydens ons Gees gevulde dienste vir oud en jonk.

Ons is ‘n familie kerk wat almal wil laat welkom voel en dit ons missie maak om saam met elkeen ‘n pad te stap om vir Jesus beter te leer ken. Hier het jy die geleentheid om betrokke te raak en jou roeping uit te leef in ons verskeie bedieninge. Want saam is on beter.

Vir meer inligting oor die denominasie kliek op hierdie skakel: Full Gospel Church of God SA (fgcsa.co.za)